die herskepping van emily hobhouse se begrafnis
Die Stoet Stap Weer
Die begrafnis van Emily Hobhouse word so na as moontlik aan die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein herskep. Selfs as jy nie lief is vir geskiedenis nie, sal dié ervaring aangrypend wees.
Die byna 650 mense in die stoet sal onder orkesbegeleiding die 600 m in Monumentweg te voet aflê, waarná die begrafnis herleef sal word, met 200 meisies in wit rokkies, vroue in swart, studente, “Jan Smuts”, die dominee, duiwe, ’n koor, berede kommando en treursaluut. Gaste sit gemaklik en hoef nie soos destyds langs die pad te staan nie. Geniet die dag verder met uitstallings, gedenkwaardighede te koop en lekker kos.
Belangrik: Sitplekke moet teen 10h30 ingeneem wees vir die regstreekse TV-uitsending. Onthou om ’n hoed te bring.
- hekke open
- 08h30
- ouderdom
- Almal
- prys
- R15 vir volwassenes, kinders 12 gratis.
- parkering
- Gratis by die Bloemfonteinse Skougrond
31 oktober 2026